Vier to Vyf Jaar klas

By Kabouterpaleis streef ons on 'n omgewing te skep waarin die kleuters gelukkig kan wees. As die kleuters gelukkig is, het ons ook gelukkige ouers!

Samewerking tussen ouers en skool word baie waardeer, want dit gaan in die eerste plek oor die kleuters.

Hierdie groep is die "groot kinders" van Kabouterpaleis! Die seuns is groot en baie sterk en sien kans vir enige iets. Die meisies word nou groot en weet presies wat hulle wil hĂȘ, met wie hulle wil speel en waarvan hulle hou of nie.

Maar... eintlik is hierdie ouderdomsgroep baie kwesbaar. Hulle verstaan al goed en wil graag die beste wees, die vinnigste hardloop, die mooiste teken ens. Maar die is ook die stadium in hulle lewetjie dat hulle moet leer dat hulle net hul beste moet gee - dit is genoeg.

In die 4-5 jaar groep word hulle gereed gemaak vir Graad R wat by die laerskole aangebied word. Hulle leer om met selfvertroue werkies te doen, aan aktiwiteite deel te neem en selfstandig, klein besluite te neem.

"Speel" in hierdie groep is nog baie belangrik.

Daar is heelwat dinge wat hulle in hierdie jaargroep moet baasraak, soos bv. - teken, knip en plak, persepsie werkies, klim, sing, konsert en menigte ander.

Daar word veral ook aandag gegee aan spraak, en aanbevelings vir moontlike terapie word vroegtydig aan die ouers deurgegee. Kleuters wat oorgaan na 'n Graag R klas, moet so gereed as moontlik wees vir meer gevorderde werkies.

Aan die einde van elke jaar gaan daar 'n groep mensies weg wat ons met trots na verskillende Graad R klasse stuur.

Jare later is dit nog vir ons 'n groot lekkerte as hulle vir ons kom kuier en ons mooi en goeie dinge van ons Kaboutertjies hoor.