14 tot 24 Maande klas

Hierdie is ons jongste kleuters, dit is die begin stadium van plak, verf, skeur, krabbel en klei speel. Dit is 'n belangrike fase in hulle lewe want hier leer hulle sosialiseer, deel en saamspeel. In hierdie klassie word daar gefokus op kind wees. Daar word met liefde na hul behoeftes omgesien.