Twee tot Drie Jaar klas

Die 2-3 jaar klassie is gewoonlik 'n peuter se eerste kennismaking met skool onderrig. Hierdie kennismaking moet 'n positiewe ervaring wees. Dit bly by hulle vir die res van hulle lewe.

'n Bekende sielkundige het gesĂȘ dat 'n kind se siel 'n blanke tablet is. Op hierdie tablet word ervarings en herinneringe geskryf en dit bepaal grotendeels wie 'n persoon word.

Die eerste en belangrikste doel in die 2-3 jaar klas is dus dat die peuters gelukkig is.

Hier leer ons sosialiseer met maatjies en leer ons speel-speel vorms, kleure, om te tel en memoriseer deur liedjies en rympies.

Fyn motoriese vaardighede wat aandag kry is, potloodgreep, krale ryg, verf, inkleur, knip en verskeie opvoedkundige apparaat.

Groot motoriese oefening word sterk beklemtoon: Ons hardloop, kruip, spring, vang bal, paddaspring, maak vooroorrolle en nog baie meer.

Hier word liefde en genot beklemtoon en leer ons speel-speel. Dit is die eerste bousteen op ons pad na skoolgereedheid.